Rif (Atlasgebergte)

Die Rif soos gesien vanaf Tarifa
Vlag van die ou Republiek Rif
Die Spaanse Rif-protektoraat, 1912 tot 1956
Ligging van die Rif

Die Rif (ook Er Rif; Arabies: الريف; Tarifit: ⴰⵔⵔⵉⴼ, ⴰⵔⵉⴼ, Arrif, Arif) is 'n sowat 350 kilometer lang, aan die Atlasgebergte in Noord-Afrika behorende, bergreeks in Marokko, wat langs die Middellandse See lê. Dit is die Afrika-uitloper in die Straat van Gibraltar teenoor die uitloper op die Iberiese Skiereiland. Suid daarvan eindig dit teen die Sentraal-Atlas en die Tellatlas.

Dit is yl bevolk, hoewel daar ook stede is soos Tangier met 'n bevolking van sowat 620 000 (2004), naby die kus van die Straat van Gibraltar, en Tétouan met 'n bevolking van sowat 320 000 (2004) ook noord aan die voet van die bergreeks. 'n Groot deel van die bevolking is Berberse Rif-Kabyle.

Die hoogste pieke van die Rif lê 2 456 meter bo seespieël.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search